Bridgton te sterk!

DIE drie spanne van die Bridgton Rugbyklub het Saterdag in Rosemore, George, skoonskip gemaak teen die spanne van Silver Stars.

Bridgton se A-span het Silver Stars A met 46-19 gewen. Bridgton A het altesame sewe drieë gedruk met die flanke, Wayne Julies (6) en David Goliaths (7) wat onderskeidelik drie en twee keer agter die doellyn gaan kuier het. Adrian Booysen (10) en Lee Marco (plaasvervangerheelagter) het elk een drie gedruk.

Booysen het ook twee drieë verdoel en ’n strafdoel behaal. Rhupino Plaatjies (13) en Char1ston het elk een drie verdoel.

Bridgton B het Silver Stars B met 39-17 geklop. Vir Bridgton het Chel-deon Fielies (15), Lee-Roy Nimrod (13), Thiren Stoffels (12), Jeandré Mar­nevick (8), Ruahl Lewis (5) en Marshall Prins (plaasvervangerflank) elk ’n drie gedruk. Sydney Lucas (10) het drie drieë verdoel en ’n strafdoel behaal.
Bridgton C het Silver Stars C met 38-3 verslaan. Vir Bridgton het Gil­wan Baumann (8) twee drieë gedruk, en Nathan Julies (9), Bautros May (7) en Hilton de Laan (2) een drie elk. Jacques Julies (10) was met vier doelskoppe suksesvol.

• Bridgton speel Saterdag (25 Mei) op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen Evergreens.

Log in with your credentials

Forgot your details?