Bridgton te sterk vir Maori’s

Marco Jansen, senter van Bridgton, breek met die bal in sy span se wedstryd teen Maori’s.  Foto: Ebenezer Titus

DIE A-span van die Bridgton Rugbyklub het Vry-dagaand die A-span van Maori’s van George op die Bridgton Sportgronde met 36-22 geklop.

Bridgton se ses drieë is gedruk deur Bradwin Wanies (heelagter), Lylle Metembo (vleuel), Jac-ques Julies (losskakel), Jesvin Booysen (slot), Marvin Barnard (haker) en Adrian Booysen (plaas- vervangersenter wat elkeen een drie gedruk het.

Anver Venter (senter) het drie drieë verdoel.

Bridgton se B-span het Maori’s B oortuigend met 41-7 verslaan. Bridgton se puntemakers was Devon-Jon Ewerts (slot) en Duzil Avontuur (vleuel) wat elkeen twee drieë gedruk het, en Lee- Marco Pietersen (vleuel), Raymondo Botha (stut) en Ruahl Lewis (plaasvervangerslot) elk met een drie. Marco Jansen (senter) het een drie verdoel en Brain Jonathan (plaasvervangerheelagter) twee.

Bridgton C het Maori’s C met 31-10 geklop. Bridgton se drieë is gedruk deur Roswin van Hansen (haker) wat twee keer agter die doellyn gaan kuier het, en Mekayvin Micheals (losskakel), Ralston Adams (agtsteman) en Romano Ewerts (slot) wat elk een drie gedruk het.

Micheals het met drie doelskoppe geslaag.
• Bridgton speel Saterdag op Mosselbaai teen Barbarians RVK.