Bridgton speel gelykop teen Grootbrak

Deur Ben du Preez
DIE Bridgton Rugbyklub se A-span het Saterdag (8 Julie) in ’n SWD Premierliga-wedstryd met 29-29 gelykop gespeel teen Grootbrak. Die wedstryd was op Grootbrak se tuisveld.

Bridgton is ná die wedstryd steeds tweede op die SWD Premierliga se punteleer. Bridgton het 50 punte ná 14 wedstryde. Progress loop met 57 punte voor ná 13 wedstryde. Evergreens en Barbarians, albei met 46 punte, is onderskeidelik derde en vierde.

Bridgton se groot uitblinker in die wedstryd was Bradwin Wanies, heelagter, wat drie keer agter die doellyn gaan kuier het. Adrian Booysen (plaasvervangerlosskakel) het ook ’n drie gedruk. Anver Venter (senter) het drie van sy span se vier drieë verdoel. Hy het ook ’n strafdoel behaal.

• Bridgton se B-span het met 17-34 teen Grootbrak B verloor.
Die span se punte is aangeteken deur Joseph Saptou (senter) en Blaine James (agsteman), wat elkeen ’n drie gedruk het. Lavano Nathan (losskakel) en Jacques Julies (plaasvervangerlosskakel) het elk­een een drie verdoel. Nathan het ook ’n strafdoel behaal.

• Bridgton C het met 12-20 teen Grootbrak C verloor. Die span se punte is aangeteken deur Conroy Tiemie (senter) en Nigel Olieslager (flank) wat elk ’n drie gedruk het. Thiren Stoffels (losskakel) het een van die drieë verdoel.

• Bridgton speel Saterdag (15 Julie) op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen Blanco.

Log in with your credentials

Forgot your details?