Bridgton Rugbyklub se A-span klop Jaquars van Plettenbergbaai

Bridgton Rugbyklub se A-span het Saterdag op die Bridgton Sportgronde ’n stewige oorwinning van 69-26 oor die Jaquars van Plettenbergbaai. Vir Bridgton het Rhupino Plaatjies (12) Adrian Booysen (10) en Carlo Jacobs (plaasvervangerstut) elk ’n drie gedruk, Bradwin Wanies (15) en Duzill Anvontuur (14) twee elk, en Charlston Ewerts (11) drie drieë. Die span het ook ’n strafdrie gekry. Anver Venter (13) het ’n doelskop behaal, Rhupino Plaatjies twee en Adrian Booysen drie. Bridgton B het met 35-5 gewen en Bridgton C met 40-5. Bridgton speel Saterdag (18 Mei) in Rosemore, George, teen Silver Stars. Foto: Ebenezer Titus

Log in with your credentials

Forgot your details?