Bridgton móét wen teen Silwer Stars vir ’n kans

Deur Wyndham Ewerts
DIE Bridgton Rugbyklub se A-span het Saterdag op D’ Almeidastadion in Mosselbaai sy SWD Premierliga-wedstryd teen die Barbarians net-net met 25-22 gewen nadat die tuisspan met rustyd 12-11 voor was.

Volgens Bridgton se afrigter, Ma-rio Jansen, het sy span baie kanse om ’n belangrike bonuspunt te verwerf deur die vingers laat glip. “Die spe­lers was soms te oorgretig op die aanval en het dan onnodige hanteerfoute begaan wat die span duur te staan gekom het,” het hy gesê.

Vir Bridgton het Anver Venter (regtervleuel) en Charlton Ewerts (linkervleuel) elk ’n drie gedruk, terwyl Barbarians ook ’n strafdrie afge-staan het. Keanin Esau (losskakel) was in die kol met een doelskop en twee strafdoele.

Met dié oorwinning bekleë Bridgton nou die vyfde plek op die SWD Premierligapunteleer met 54 punte. Evergreens van George, wat vierde lê, het ook 54 punte, maar spog met ’n groter punteverskil as Bridgton.

Bridgton speel sy laaste wedstryd Saterdag op die Plate teen Silwer Stars van George, ’n wedstryd wat Bridgton behoort te wen.

Die drie voorlopers in die liga is Progress, Barbarians en Crusaders.

• Intussen het Heidelberg Rugby-klub se dissiplinêre verhoor in verband met die aanranding van Bridg- ton-ondersteuners ná ’n ligawedstryd op Saterdag, 21 Julie, op Heidelberg plaasgevind.

As Heidelberg aan die oortreding van SWD Rugby se gedragskode skuldig bevind en uit die liga geskors word, sal Evergreens vyf punte ontvang omdat hul laaste wedstryd teen Heidelberg geskeduleer is.

Dit sal beteken dat Bridgton nie die uitspeelrondes haal nie, al wen hy Silver Stars met ’n bonuspunt.

Indien Heidelberg nie geskors word nie en sy wedstryd teen Evergreens gaan voort, moet Evergreens dié wedstryd met ’n bonuspunt wen om na uitspeelrondes deur te dring.

Andersins moet Bridgton sy wed-stryd teen Silwer Stars met 161-0 wen vir die nodige punteverskil om vierde op die punteleer te eindig.

Log in with your credentials

Forgot your details?