Bridgton klop Progress

Carlo Jacobs, stut van Bridgton se A-span, bal sy vuis op die foto bo nadat hy oorgeval het vir ’n drie in sy span se wedstryd die afgelope Saterdag teen die span van Progress op die Bridgton Stadion. Die twee kleiner foto’s van Jacobs heelbo toon hom op pad na die doellyn vir sy drie. Foto’s: Ebenezer Titus

DIE A-span van die Bridgton Rugbyklub van Oudtshoorn het Saterdag as oorwinnaars van die veld gestap nadat hulle die span van Progress van George met 33-25 in ’n SWD Premierliga­wedstryd in die Bridgton Stadion geklop het.

Die span het vier drieë gedruk met Blaine James (flank) en Calo Jacobs (stut) wat elk een keer en Anver Venter (senter) wat twee keer agter die doellyn gaan kuier het.

Venter het ook met twee doelskoppe en drie strafdoele geslaag.

Bridgton se B-span het 10 elk gelykop gespeel teen Progress B met Kurt Rhoode (plaasvervanger-vleuel) wat ’n drie gaan druk het terwyl die heel­agter Brian Jonathan met die doelskop en ook ’n strafskop geslaag het.

Bridgton C het ook koning gekraai oor Progress met ’n telling van 25-20. Bridgton se punte het gekom van drieë deur Gurshwin Michaels, Lee Marco Pietersen en Lee Roi Nimrod, terwyl Mer­kayein Michaels met twee doelskoppe en twee strafskoppe geslaag het.

 

Log in with your credentials

Forgot your details?