Bridgton Basketball Club neem deel aan Mosselbaai Sportfees

Die Bridgton Basketball Club (BBC) het Saterdag op Mosselbaai aan die Mosselbaai Sportfees deelgeneem waar die o.16-span ’n goue medalje en die seniorspan ’n silwer medalje gewen het. Ebenezer Titus (regs agter), voorsitter van die klub wat hier saam met die twee spanne en hul afrigters is, het gesê ondanks probleme met die infrastruktuur, soos die doelring wat kwaai gebuig was wat dit moeiliker gemaak het om doele aan te teken, is hy baie tevrede met sy span se vertoning. Foto: Keenyah Weyers

Log in with your credentials

Forgot your details?