Booi Salman onkeerbaar

Booi Salman in aksie.

Greens Groenewald

Deur Garnett Wicomb
DAAR is net geen keer aan Booi Salman nie wat Saterdag weer die vinnigste deelnemer aan die Oudts­hoorn Parkrun was in ’n tyd van 17 min 34 sek.

Greens Groenewald wat Saterdag sy 100ste Parkrun gehardloop het was tweede in 20:34 en Melvin Lu-kas derde in 22:20.

Bianca van der Westhuizen was in 24:20 weer die vinnigste vrou met Rozanne Theart (25:26) tweede. Petré King (14) was in 27:42 die vinnigste junior.

Die wenners is gevolg deur Chris Oertal (22:25), Peter Koedyk (22:34), Shaun Kock (22:40), Edward Salies (22:56), Francois Goosen (23:40), Frans Kalp (23:49), Ulrich Swart (23:53), Christo Theart (23:54), Francois le Roux (24:05), Newald Groenewald (24:49), Henry Carstens (25:04), Johan Branders (25:17), Anton Kock (27:20), Shaun Claassen (27:32) en Willie Kock (27:32).

• Die Oudtshoorn Parkrun word nog tot einde Maart Saterdagoggende om 07:00 by die Surval Olyflandgoed aangebied waarna dit om 08:00 sal begin.

Oudtshoorn Parkrun, wat Saterdag die 204ste keer plaasgevind het, vier ook op 20 April sy vierde bestaansjaar. Die organiseerders nooi alle deelnemers om die geleentheid saam te kom vier.

Log in with your credentials

Forgot your details?