Booi en Bianca draf voor

Booi Salman.

Deur Garnett Wicomb
BOOI Salman (18:05) en Bianca van der Westhuizen (22:44) was Saterdag die vinnigste man en vrou van die 104 deelnemers wat by die Surval Olyflandgoed aan die 237ste Oudtshoorn Parkrun deelgeneem het.

Onder die mans was die vorige week se wenner, Patrick Peters (20:26), tweede en Yaron Venter (21:12) derde.

Bianca was algeheel vyfde. Sarah Viljoen (25:00) en Rozanne Theart (25:05) was onderskeidelik die tweede en derde vrou oor die eindstreep.

Annemarie le Roux het Saterdag haar 100ste en Fanie Olivier sy 50ste Parkrun voltooi.

Die tye van die ander voorste drawwers was: Francois Verwey (22:40), Newald Groenewald (22:54), Herman Augustyn (24:26), Christo Theart (24:28), Hans Lareman (24:33), Pieter Fourie (25:56), Albertus Kennedy (25:56), Jean du Plessis (25:58), Fanie Olivier (26:30), Conrad Jullies (27:01), Francois le Roux (27:21), Shane Claassen (27:22) en Gordon Afrika (28:22).

Log in with your credentials

Forgot your details?