Beste Attakwas nog!

Annika Langvad, vrouewenner van die Attakwas, kort nadat sy die voortou geneem het.

Annika Langvad, vrouewenner van die Attakwas, kort nadat sy die voortou geneem het.

Christoph Sauser (links), manswenner van die Attakwas wat vir Kristian Hynek (links) met enkele sekondes geklop het.

Christoph Sauser (links), manswenner van die Attakwas wat vir Kristian Hynek (links) met enkele sekondes geklop het.

DIE wêreld se beste vrouemarathonbergfietsryer het Saterdag by die Atta-kwasberg­fietsren tussen Oudtshoorn en Groot Brakrivier kom wys sy het nie haar gelyke in dié sportsoort nie.

Annika Langvad van Denemarke, ’n driemalige wêreldbergfietsmarathonkampioen, het met haar eerste deelname aan die uitmergelende Attakwas die rekord met digby vyf minute verbeter.

Haar tyd oor 121 km was 05:25:55. Sy het ook die Koningin van die Bergetitel gewen.

Langvad is ’n voormalige wenner van die Cape Pioneer Trek en het ook al die Cape Epic verskeie kere gewen.

Ook die mansafdeling van die Atta-kwas was baie opwindend en is dramaties deur die 40-jarige Christoph Sauser van Switerserland gewen.

Sauser het die ren gewen in ’n tyd van 04:50:09 ondanks die feit dat hy in ’n stadium sowat 5 minute verloor het weens ’n pap wiel. Danksy sy tegniese vaardig-heid en kennis van die roete het hy die voorlopers 22 km van die einde ingehaal.

Wat sy sege nog merkwaardiger maak, is dat hy sy terugkeer tot fietsry gemaak het nadat hy ’n jaar gelede afgetree het.

Kristian Hynek (Tseggiese Republiek) was tweede in 04:50:11, slegs twee se-kondes stadiger as Sauser, en Karl Platt (Duitsland) derde in 04:51:47. Hynek het die Koning van die Bergetitel gewen.

Die eerste drie Suid-Afrikaners oor die eindstreep was Eric Kleynhans (05:05:49), HB Kruger (05:07:08) en Dominic Calitz (05:16:11).

In die vroue-afdeling was Robyn de Groot van Suid-Afrika tweede. Sy het verlede jaar se Attakwas in 05:30:00 gewen.

Die Sweedse kampioen Jennie Stenerhag was derde in 05:42:11 en Ariane Lüthi, ook van Swede, vierde in 05:44:35. Lüthi het die Attakwas al vyf keer gewen en is die voormalige rekordhouer. Amy Beth McDougall (05:44:35) was die tweede Suid-Afrikaner tuis.

Die fietsryers van Oudtshoorn wat die Attakwas voltooi het, is Kobus Barnard (05:55:23), Yolandé de Villiers (06:04:-07), Fienie Barnard (06:15:32), André du Preez (06:54:39), Peter Liebenberg (07:-17:11), Francois Marais (08:04:42), Coen- raad Kemp (08:11:38), Hannes Myburgh (08:50:36), Yolandé Myburgh (08:50:37), Frikkie Jonck ((09:04:20), Anru de Wet (09:07:47), Hans van der Veen (09:08:-55), Piet Strydom (09:41:03), Charl du Plessis (09:48:47), Louis Visser (09:49:-19) en Loderia Viljoen (10:44:38).

• Henco Rademeyer van Dryland Event Managemet wat die Attakwas aanbied, het vandeesweek gesê dit was sonder twyfel die beste en suksesvolste Attakwas nog.

Dit was die elfde keer dat die ren, wat internasionale UCI-status het, plaasgevind het.

“Die wêreld se heel beste bergfietsryers het deelgeneem, die mede-dinging was uiters straf en ’n rekordgetal toeskouers het na die wed­ren kom kyk.”
Hy het almal bedank wat ’n bydrae gelewer het.

Log in with your credentials

Forgot your details?