Beetse voer die botoon

Deur Higgo Jacobs
DIE gholftalent in die Beets-familie van Oudtshoorn was Saterdag opvallend toe drie van die eerste vyf plekke in die Oudtshoorn Gholfklub se gholfdag deur ’n Beets ingeneem is.

Naas Beets het met ’n telling van 39 punte gewen. Die jonge Francois- André Beets (38 punte) was tweede en sy pa, Francois (36) was vyfde. Francois-André het boonop die boerpot gewen. Piet Swanepoel (37) en Pieter Pretorius (36) was onderskeidelik derde en vierde.

Desmond Malgas het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.

Kobus Griebenouw en Ockie Ho-rowitz het op die 3de spogtwees ge­slaan, Skillie Pretorius en Chris Smit op die 8ste, Louis Fourie, Desmond Malgas en William Malgas op die 12de en Pieter Strauss op die 15de.

• Woensdag, 3 Julie, se gholfdag is deur George Fourie met ’n telling van 42 punte gewen. Ockie Horowitz (41) was tweede. Hy het ook die boerpot gewen. Ben van Wyk en Laurie Boshoff, albei met 40 punte, was op ’n uittel derde en vierde, gevolg deur Terry van Coller (39).

Chris Odendaal het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.

Llewellyn Rheeder, Horowitz en Odendaal het op die 8ste spogtwees geslaan en William Phillipus het dit op die 12de gedoen.

Log in with your credentials

Forgot your details?