Anton Kok wen houespel

Paul Stroebel (links), klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub, saam met die wenners van die onderskeie afdelings van Saterdag se houespel. Hulle is van naaslinks Anton Kock, Salie Oosthuizen en WM Badenhorst. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse houespel is Saterdag in warm winderige toestande gespeel.
Dié gholfdag word in drie afdelings beslis.

Anton Kock was die wenner van afdeling A met ’n nettotelling van 70 houe. Rudi Mortlock was tweede met 71 houe.

Afdeling B is gewen deur Salie Oosthuizen met 74 houe, gevolg deur Johan Cornelissen met 76.
WM Badenhorst het afdeling C met 79 houe gewen.

Rudi Mortlock het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan en Oosthuizen het die boerpot gewen.

Log in with your credentials

Forgot your details?