Anthony het Webb Ellis-trofee vasgehou!

Anthony Wagenaar van Oudtshoorn is ’n baie trotse en geesdriftige ondersteuning van die Springbokke soos sy kleuredrag en die foto in sy hand bewys terwyl hy Saterdag die eindstryd van die Rugby Wêreldbeker by Wicit Sportkroeg op Oudtshoorn gekyk het. Wagenaar was in 1995 lid van die SWD o.18-rugbyspan wat in Bloemfontein aan die Cravenweek deelgeneem het. Die Springbokke het in dieselfde jaar hul eerste Wêreldbeker gewen. As deel van hul oorwinningtoer het hulle met die Webb Ellis-trofee ’n draai gaan maak by die Cravenweek in Bloemfontein. Dit is daar waar Wagenaar as Cravenweekspeler die kans gekry het om die Webb Ellis-trofee vas te hou. En hy het die foto, “wat een van my kosbaarste besittings is”, om dit te bewys. Foto: Garnett Wicomb

Log in with your credentials

Forgot your details?