Anriette wen 9de keer

Deelnemers aan die Timbercity Cylcle Tour spring weg vir die padfietsrenne wat Sondagoggend in Baron van Reedestraat tussen Kleinplaas en Hlangana Lodge op Oudtshoorn begin en geëindig het. Foto: Higgo Jacobs

Die mans- en vrouewenner van die Timbercity Padfietsren (104 km). Hulle is Bradley Gouveris (links) en Anriette Schoeman.  Foto:Ebenezer Titus

André van Greunen (links) van Timbercity, David Bellaires (middel), direkteur van die Cape Town Cycle Tour Trust, en Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Sondagoggend by die wegspring van die Timbercity Cycle Tour in Baron van Reedestraat in Oudtshoorn. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Anriette Schoeman, veelmalige padfietskampioen van Suid-Afrika, het Sondagoggend die Tim- bercity Padfietsren oor 104 km vir die negende jaar ná mekaar gewen.

Sy was ook weer die Koningin van die Berge. Haar wentyd in die 104 km-ren, wat ’n kwalifiserende ren vir die Cape Town Cycle Tour is, was 3uur 2min 49sek.

Die Timbercity Padfietsren het in Baron van Reedestraat op Oudts­hoorn begin vanwaar die roete die Kango Grottepad gevolg het. Die 104 km-ren sluit die roete na die Swartbergpas in en gaan draai in die Matjiesrivier-omgewing.

Bradley Gouveris was die algehele manswenner in 2:39:26. Theuns van der Bank (2:39:27) was tweede en HB Kruger (2:39:38) derde.

In die vroue-afdeling was Annemie Koen (3:17:35) tweede en Sharlize Potgieter (3:32:42) derde.
Die 57 km-ren vir junior vroue is deur Marlize Schultz in 01:44:30 gewen. Miscka Strydom was tweede en Charlise Murphy derde.

In die ren vir junior mans was Benino Heyns die wenner en Blake Coetzer die naaswenner. Kerrighan Aries was derde.

Errol Pretorius was die 60+ mans-vete­raanwenner. Hans van der Veen was derde onder die 50-60 mansve-terane.

Tydens die prysuideling Sondagmiddag in Brian’s Grill Restaurant het André van Greunen, eienaar van Timbercity, die deelnemers bedank wat die reënweer trotseer het om deel te neem. “Ons is ook dankbaar vir die welkome reën wat julle vir Oudts­hoorn gebring het wat ons so nodig het,” het hy gesê.

Corné Bence, president van Fietsry Wes-Kaap, het ook vir Van Greunen bedank vir sy jarelange ondersteuning en borgskappe aan fietsry in Eden, sowel as die Wes-Kaap.

Hy het ’n spesiale toekenning aan Van Greunen oorhandig ter erkenning van sy bydraes.

Log in with your credentials

Forgot your details?