Anriëtte wen 8ste keer!

Nicol Carstens

Anriëtte Schoeman

Deur Higgo Jacobs
Anriëtte Schoeman, wat Suid-Afrika al verskeie kere in padfietsry verteenwoordig, het Sondagoggend die Timbercity Fietstoer die agtste keer in ’n ry gewen. Haar wentyd was 03:08:13.

Dié fietsren, wat ’n kwalifiserende wedren vir die Kaapstadse Padfietstoer is, het Sondag die agtste keer plaasgevind.

Nicol Carstens het die mansafdeling van Sondag se Timbercity Fietstoer gewen. Hy het die vorige dag ook die Seweweekspoort Bergfietsren buite Ladismith gewen (berig hiernaas).

Die fietstoer het om 07:30 voor Brian’s Grill in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn begin, ’n draai in Matjiesrivier aan die voetheuwels van die Swartberge gemaak voordat dit 104 km later weer voor Brian’s Grill geëindig het.

Net meer as 300 deelnemers het vir die verskillende roetes ingeskryf. Corné Bence, president van die Eden Fietsryvereniging, het ná afloop van die byeenkoms gesê hy is tevrede met die groot getal deelnemers wat opgedaag en deelgeneem het.

“Ons het baie hard gewerk om die ryers se veiligheid te verseker en te sorg dat almal Oudtshoorn se gasvryhied geniet,” het hy gesê.

Die eerste vyf plekke in die onderskeie afdelings van die 104 km-padren is ingeneem deur:
Mans: Nicol Carstens (02:42:59), Rohan du Plooy (02:43:00), Rainhardt Marais (02:43:01), Louis Visser (02:46:57) en David Garret (02:53:42); en

Vroue: Anriëtte Schoeman (03:08:13), Mellusca Toovey (03:08:15), Lauren Coleman (03:11:26), Annemie Koen (03:21:53) en Amanda Akon (03:28:34).

Log in with your credentials

Forgot your details?