All Blacks vergroot voorsprong op Karoostreekpunteleer

Everton Manewil, slot van die All Blacks Rugbyklub se A-span, op pad doellyn toe in sy span se SWD Presidentsligawedstryd (Karoostreek) Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen Collegians. All Blacks het die wedstryd oortuigend met 30-11 gewen nadat hulle halftyd reeds 25-6 voor was. All Blacks het vier drieë gedruk waarvan twee verdoel is. Hulle het ook twee strafdoele behaal. Collegians het een drie gedruk asook ’n strafdoel en ’n skepdoel behaal. Met hierdie oorwinning het All Blacks sy voorsprong op die Karoostreekpunteleer ver-groot. All Blacks het boaan die leer nou 55 punte teenoor Spring Roses se 44, Prins Albert se 43 en Collegians se 36. All Blacks se B-span is ook voor op die punteleer vir B-spanne met 45 punte en Collegians B tweede met 39 punte. Foto: Ebenezer Titus