All blacks A-span klop Adias A tydens Karoo-liga

Muchiano Rondganger, plaasvervanger-skrumskakel van All Blacks se A-span, duik Saterdag op die Bridgton Sportgronde oor vir ’n drie in sy span se Karooliga-wedstryd teen Adias A. Bridgton het met 34-17 gewen nadat hulle halftyd­ met 6-3 voorgeloop het. Vir All Blacks het Damian Januarie (losskakel) twee drieë gedruk en Colin Winster (agtsteman), Adion Nklati (flank), Everton Manewil (pv-slot) en Rondganger elk een drie. Vinzencho Adams (skrumskakel) het twee drieë verdoel. Vir Adias het Greg Julies (vleuel) twee drieë gedruk en Charlton Prinsloo (losskakel) een. Bradley Arries (pv-heelagter) het een drie verdoel. Onder is die wenspan met ’n paar geesdriftige jong ondersteuners ná hul oorwinning. Foto’s: Ebenezer Titus

Log in with your credentials

Forgot your details?