Agri Volmoed borg Adias Rugbyklub sportdrag

Claudia Stoffels (derde van links), voorsitter van Adias Rugbyklub, bedank Laubscher Coetzee (derde van regs), voorsitter van Agri Volmoed, vir ’n borgskap van R10000 vir sportdrag vir die klub se spelers wat verlede jaar die SWD Karooliga gewen het. By hulle is (van links) Liezel Scholtz (hulpsekretaris), Marcia Arries (sekretaris), Abraham Arries (hulptesourier), David Swiegelaar (ondervoorsitter) en Jenay Stoffels (tesourier). Coetzee het gesê met die borgskap wil Agri Volmoed graag die bydrae erken wat Adias lewer om jongmense van onder meer die Volmoed-omgewing opbouend besig te hou en te ont­wikkel. Volgens Stoffels is die borg-skap ’n groot motive­ring vir Adias.

Log in with your credentials

Forgot your details?