Action Kids hou Kleuteratletiekdag 2019

2-jariges: meisies-ouderdomsgroepwenners.

2-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

3-jariges: meisies-ouderdomsgroepwenners.

3-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

3-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

3-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

4-jariges: meisies-ouderdomsgroepwenners.

4-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

5-jariges: meisies-ouderdomsgroepwenners.

5-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

6-jariges: meisies-ouderdomsgroepwenners.

6-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

7-jariges: seuns-ouderdomsgroepwenners.

Action Kids Kleuteratletiek het vanjaar hul 17de byeenkoms gehou. Dit was ’n feestelike dag met 360 kleuters van een tot agt jaar wat deelgeneem het.

Al die eenjariges het ’n sertifikaat vir deelname ont­vang. Vanaf twee jaar moes die kleuters alleen na die wenstreep hardloop. Ons is trots op elkeen wat sy bes probeer en die wedloop voltooi het. Van die maatjies het gestruikel en geval, maar hulle het weer opgestaan en hul wedlope voltooi. Ander het halfpad deur die wedloop besluit dat dit beter is om maar liewer terug na die wegspring te gaan, tot groot genot van die toeskouers. Die heerlike eetgoed, wat deur ons plaaslike kleuterskole behartig is, en die gratis springkastele en sagte speelarea het vir hope vermaak gesorg.

Baie dankie aan al die skole wat ons so mooi ondersteun het. Ons het ’n verrassingsprys vir die skole met die meeste vooraf inskrywings gegee. Die wenners van die PNA-geskenkbewyse was Little Bo-Peep in die 1ste plek en Kleine Kleutertuin in die 2de plek.

Gaan maak gerus ’n draai op die Action Kids Facebook-blad vir foto’s van hierdie opwindende dag!

Die Action Kids-program word by die volgende skooltjies aangebied: Little Bo-Peep, Pikkie Para­dys, Pikkewouters, Woelwaters, Kleine Kleutertuin, Laurus en Wesbank Pre-Primêr. Indien jy graag wil hê jou kleuter moet ook by hierdie program inskakel, kontak gerus vir Charlotte by 084 554 1153 of gaan na ons Facebook-blad: Action Kids.

Nogmaals baie dankie aan elkeen wat hierdie dag so spesiaal vir ons kleuters gemaak het. Ons maak volgende jaar weer so!

Die wenners van die PNA geskenkbewyse was Little Bo-Peep in die 1ste plek en Kleine Kleutertuin in die 2de plek.

Foto’s: WebWorx

Action Kids bedank graag die volgende persone en borge:

• Christelle Gerrits van Momentum Health wat as hoofborg opgetree het

• Die Hoorn vir die mediaborgskap

• Wimpy vir medaljes en inskrywingsvorms

• Oasis wat water aan ons beamptes voorsien het

• Snappy Photo vir die druk van die sertifikate

• Hiep Hiep Hoera vir die sagte speelarea

• PNA vir geskenkbewyse

• Y-Not Eiendomme en Die Herrie vir die baanafskortings

Sonder julle bydrae sou hierdie dag nie moontlik wees nie.

Baie dankie ook aan al die beamptes en klankman (Kosie Esterhuyse) wat hul Saterdag
opgeoffer het om hierdie dag vir ons kleuters moontlik te maak.

Log in with your credentials

Forgot your details?