7weekspoort oor ’n maand

SOWAT ’n duisend deelnemers word verwag by vanjaar se baie gewilde Ladismith Cheese 7weeks-poort Uitdaagbergfietsren wat oor ’n mand op Saterdag, 30 September, plaasvind.

Die bergfietsren, wat sedert dit die eerste keer in 2004 plaasgevind het jaarliks gegroei het, begin by Amalienstein vanwaar die roete deur die skilderagtige Seweweekspoort en die vrugteboorde van die Hoekovallei kronkel op pad na Ladismith waar dit by die Shalom Akademie by die skougronde eindig. Daar is drie afstande wat deelnemers kan ry, naamlik 85 km, 43 km en 29 km.

Fietsryers kan aanlyninskrywings doen by www.7weekspoortmtb.co.za. Vir navrae kan Kie-Mari Landman by 044 279 1013, 083 258 9827 of kie-mari@dryland.co.za gekontak word.

Die Seweweekspoort-bergfietsren bring jaarliks ’n stewige ekonomiese en toerismeinspuiting vir Ladismith mee deurdat deelnemers vanoor die hele Wes-Kaap en selfs verder op die omgewing toesak en verblyfplekke op die dorp en in die omgewing die betrokke naweek vol bespreek is.

’n Omvattende lys van verblyfplekke is by www.7weekspoortmtb.co.za beskikbaar. Anne-marie kan ook by 0285511225 gekontak vir navrae oor verblyf.

Dryland Event Management bied die wedren aan.

Log in with your credentials

Forgot your details?