7 Weekspoortren se gewildheid neem toe

Deur Higgo Jacobs
DIT is weer tyd vir die Ladismith Kaas 7Weekspoort Bergfietsbyeen-koms wat volgende Saterdag (5 Oktober) die 17de keer plaasvind.

Fietsryers kan uit drie afstande kies, nl 85 km, 43 km en 39 km.

Die roete van die 85 km-ren sluit die skilderagtige Seweweekspoort in. Die deelnemers aan die 85 km-ren spring die oggend om 07:30 voor die Lutherse Kerk op Amalienstein tussen Ladismith en Calitzdorp weg. Die 43 km-ren begin om 07:40 en die 29 km om 07:50.

Al drie renne eindig by die Shalom Akade-mie op die skou­gronde van Ladismith.

Daar is ook verskeie kategorieë vir laer- en hoërskoolleerders. Inskrywings is nog oop. Meer as ’n duisend deelnemers word vanjaar verwag vir dié bergfietsrenne wat jaarliks in gewildheid toeneem.

Daar is ook padwedlope oor 10 km en 29 km. Vrydag, 4 Oktober, se 10 km-padwedloop begin 17:00 by Shalom Akademie en eindig ook daar.

Die padwedloop oor 29 km begin Saterdagoggend, 5 Oktober, om 07:00 by Amalienstein en eindig by Shalom Akademie.

Vir navrae kan Dryland Events Management, wat die fietsrenne organiseer, by info@dryland.co.za ge-kontak word.

Log in with your credentials

Forgot your details?