2017 Sporttoekennings

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Sporttoekennings vir 2017 vind op Donderdagaand, 30 November, in die Banketsaal van die Oudtshoorn Burgersentrum plaas.

By dié glansgeleentheid, wat deur die Oudtshoorn Munisipaliteit aangebied word, word sportsterre vereer wat die afgelope jaar op die sportveld presteer het.

Benoemings het reeds op Vrydag, 10 November, gesluit, maar volgens Julian Fielies, een van die organiseerders van die aand, het hulle vandeesweek nog benoemings ontvang. “Die komitee vergader Donderdag (vanaand) om drie finaliste in elk van die agttien kategorieë te benoem. Die lys van benoemings sal Maandag, 20 November, bekend gemaak word.”

Vir meer inligting kan Fielies (0849836088) of Ian Laubscher (0828814186) gekontak word.

Be the first to comment on "2017 Sporttoekennings"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*