Verlindes draf voor

Suzhelle van der Bank en Ben Greeff van die Hoërskool Oudtshoorn wat gekies is vir die Eden-skaakspan wat Desember in Boksburg aan die SA Juniorskaakkampioenskap gaan deelneem.

Suzhelle van der Bank en Ben Greeff van die Hoërskool Oudtshoorn wat gekies is vir die Eden-skaakspan wat Desember in Boksburg aan die SA Juniorskaakkampioenskap gaan deelneem.

Deur Garnett Wicomb
BERT VERLINDE het Saterdag met sy tweede deelname aan Oudtshoorn Parkrun eerste by die eindpunt aangekom in ’n goeie tyd van 19min 44sek terwyl sy vrou, Melanie, die eerste vrou oor die eindstreep was in 23 min 40 sek.

Greens Groenewald was die tweede man in 20:19 en Patrick Peters (21:40) derde. Twee ongeregistreerde drawwers was 4de en 5de.

Die 14-jarige Jarred Coetzee (21:54) wat in die sesde plek klaar gemaak het, was weer die eerste junior oor die eindstreep.

Ná hom was nog ’n 14-jarige, Jaco Pretorius (22:02), gevolg deur Jacques Jacobs (22:04), Melvin Lukas (22:17), Newald

Groenewald (22:19) en Henry Carstens (22:54).

Altesame 130 drawwers en stappers het Saterdag se 5 km voltooi.

Log in with your credentials

Forgot your details?