‘Uithouvermoë was belangrik’

Jacqueline Ewerts.

Jacqueline Ewerts.

Deur Ilze-Mari Gründling
MET twee onderskeidings in beide Engels en Lewensoriëntering, was Jacqueline Ewerts die Hoërskool Môrester se hoofmeisie in 2017. Hierdie skool se toppresteerder sal vanjaar onderwys studeer aan die Universiteit van die Vry­staat (Kovsies) en wil graag eendag tale en lewensoriëntering vir hoër­skoolleerders gee.

“Aanvanklik wou ek BRek stu­deer, maar wiskunde het my gemiddeld afgebring. Ek is baie lief vir rekeningkunde, dit was my eerste keuse. Maar ek beplan om terug te keer na Hoërskool Môrester om daar onderwys te gee.”

Jacqueline sê haar matriekjaar was maar ’n spanningsvolle tyd. “Jy moet aanhou hard werk. Jy moet onthou dat jy dit vir jouself doen. Baie mense het opgekyk na my en ek wou niemand teleurstel nie. Uithouvermoë was belangrik.

“Sy het nogtans haar skoolloopbaan baie geniet, en was gelukkig in haar skool, sê sy.

“Dit was baie lekker en die onderwysers is fantasties. Hulle doen moeite met die kinders en ek kan nie wag om terug te keer sodat ek daar klas kan gee nie!” (Meer oor Môrester se uitslae op bl 7)

Log in with your credentials

Forgot your details?