Tuwan slaan beurs los

Tuwan van Rooyen. Foto verskaf

Christine Schoeman
’N GRAAD 12-leerder van Hoërskool Môre­ster op Oudtshoorn, Tuwan van Rooyen, het deur ’n anali­serende opstel te skryf oor die politieke en ekonomiese stand van Suid-Afrika, ’n Nedbank-beurs losgeslaan.

Tuwan en 25 ander kandidate is op grond van hul opstelle uit honderde inskrywers deur na die eindrondte. Hiertydens moes kandidate ’n voorlegging vir ’n paneel van deskundiges doen en is hy as algehele wenner aangewys.

Hy het ook ’n kontantbedrag gewen. Die beurs betaal vir drie jaar se studie vir ’n graad of diploma in die ekonomie aan ’n Wes-Kaapse Universiteit. Tuwan se keuse vir sy tersiêre studie in 2020 het op die Universiteit Stellenbosch (US) geval.

Log in with your credentials

Forgot your details?