Verskeie leerders van Langenhoven Gimnasium het uitgeblink by die ATKV se Junior Afrikaanse Olimpiade met Tanya Smit (regs agter) wat aangewys is as die nasionale en ook die Wes-Kaapse wenner! Voor van links is Sumé Norval, Wilmarie van Rooyen en Hildred Swart (al drie top 20 Wes-Kaap en Sumé en Hildred ook top 100 nasionaal), en agter van links Reuben Homann (top 20 Wes-Kaap), Francke du Plooy (24ste plek nasionaal en vierde in die Wes-Kaap) en Tanya Smit. Foto verskaf
Tanya top in land in Olimpiade!
