Slimkop-hoofmeisie!

Marüzahne Storm.

Marüzahne Storm.

SY gaan vanjaar ’n oorbruggingsjaar doen omdat sy eers sekerheid wil kry oor haar toekomsplanne, sê Marüzahne Storm (18), een van die Hoërskool Oudtshoorn se toppresteerders in die 2017-matriekeksamen.

Marüzahne, wat in 2017 haar skool se hoofmeisie was, het ’n gemiddeld van 86,4% behaal met onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, rekeningkunde en lewensoriëntering,

“Dit is ’n baie groot besluit om te weet wat ek moet stu­deer en ek wil seker maak ek kies die regte beroep,” sê sy. “Dit is iets wat jy vir die res van jou lewe doen en studies is nie goedkoop nie.”

Marüzahne beoog om vanjaar rekenaarkursusse te doen om haar vaardighede op te skerp.

Dié slimkop is die dogter van Albie Storm, ’n beheer- dieregesondheidstegnikus by die staatsveeartskantoor in Oudtshoorn en haar ma, Nadene, skriba by die NG Kerk Oudtshoorn-Noord.

Be the first to comment on "Slimkop-hoofmeisie!"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*