Skolepresteerders!

Twee leerders van die Hoërskool Môrester in Oudtshoorn het die naweek aan die Wes-Kaapse skaakproewe in Kuilsrivier deelgeneem. Hulle is Jayden Arries (o.15, links) en Hérano van Aswegen (o.18, tweede van links). By hulle staan Môrester se spog-rugbyspeler Quen Lukas (regs), wat in die wintervakansie as lid van die SWD o.16-rugbyspan aan die Grant Khomo-week in Witrivier, Mpumalanga gaan deelneem. Quen is een van drie rugbyspelers wat outomaties vir die span gekwalifiseer het op grond van sy prestasie verlede jaar by die Iqhawe o.15-rugbyweek in Kaapstad. Foto: Christine Schoeman

Log in with your credentials

Forgot your details?