Oudtshoorn Junior Muurbalklub se o.13 Eden-muurbalspan lede ding mee in toernooi

Wian Espach (links) en Joshua Arndt van die Oudtshoorn Junior Muurbalklub, het as lede van die o.13 Eden-muurbalspan die naweek aan die Margery Taylor SA Country Schools Festival in Bloemfontein deelgeneem en teen spelers van onder meer Mpumalanga, Noord-Transvaal, Oos-Transvaal en Vrystaat meegeding.
• Die Oudtshoorn Junior Muurbalklub het twee spanne ingeskryf vir die Eden Junior Skoleliga wat op 6 Mei afskop en hulle sal meeding teen spelers van Laerskool Outeniqua, Blanco, Voorentoe, ens. Foto verskaf