Nuwe roetes vir Meiringspoort

Die Klein Karoo Skolesporttoernooi wat die naweek deur die Hoërskool Oudtshoorn op die Struisiesportgronde aangebied is, is vanjaar die eerste keer met ’n aanskoulike seremonie geopen. Hier is die deelnemende skole op die pawiljoen.     Foto: Higgo Jacobs

Die Klein Karoo Skolesporttoernooi wat die naweek deur die Hoërskool Oudtshoorn op die Struisiesportgronde aangebied is, is vanjaar die eerste keer met ’n aanskoulike seremonie geopen. Hier is die deelnemende skole op die pawiljoen. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Meiringspoort Challenge, wat op Saterdag, 26 Mei, in De Rust en omgewing plaasvind, het vanjaar nuwe roetes vir die bergfietsren sowel as die padwedlope.

Die aktiwiteite begin reeds Vrydagmiddag by die NG Kerk op De Rust met ’n steakete saam met skyfies en slaai. Registrasie en laat inskrywings kan vanaf 17:00 -19:00 by die wegspring gedoen word en weer Saterdag vanaf 05:30 tot 07:00.

Deelnemers aan die bergfietsrenne en padwedlope spring by die NG Kerk weg en eindig ook daar. Almal wat binne die voorgeskrewe tye klaarmaak, ontvang ’n medalje. Die prysuitdeling vind om 11:30 by die kerk plaas.

Die onderskei roetes kan besigtig word by www.meiringspoortchallenge.co.za. Die roetes word slegs een keer per jaar tydens die Mei-ringspoort Challenge oopgestel en is andersins nie toeganklik nie.

Volgens Brende Brits, een van die organiseerders, sal sal daar gratis Wi-Fi by die kerk beskikbaar wees.

Daar sal ook mediese personeel en sekuritietsbeamptes langs die onderskeie roetes wees. Daar is ook ’n kinderspeelterrein met toesig vir onder meer deelnemers se kinders.

• Die verskillende afstande vir die bergfietsrenne is 19,5 km, 31 km, en 61,5 km. Die afstande vir die padwedlope is 9,5 km en 20 km.

Vir navrae oor die bergfietsrenne kan Henkie by 082 396 4094 gekontak word en vir die padwedlope Pieter by 082 377 0547.

• Aanlyninskrywings sluit op Maandag, 21 Mei, om 23:00.

Log in with your credentials

Forgot your details?