Met oorgawe en vreugde meegeding!

Leerders van die Eljada Kairos op Oudtshoorn het verlede Donderdag (31 Januarie) in die De Jager Sportstadium met oorgawe en sigbare vreugde deelgeneem aan dié skool vir kinders met gestremdhede se jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms. Benewens die verskeidenheid hardloopitems was daar ook twee rolstoelwedrenne, een vir leerders wat onafhanklik in hul rolstoele deelneem, en een vir leerders wat deur personeel van die skool gestoot word. Elke leerder, wat ookal die aard van sy of haar gestremdheid het deelgeneem en is op die wenstreep deur die onderwysers “gevang”. Angelique Erasmus, joernalis van Die Hoorn, wat deur die skool genooi is om nuusdekking aan die byeenkoms te verleen, sê dat was ’n hartroerende ervaring. “Die geesdrif en vasbeslotenheid waarmee die leerders deelgeneem het en die liefde en toewyding waarmee die onderwysers hul bygestaan het, was opvallend. Dit was vir my ’n voorreg om die byeenkoms by te woon,” het Eramus gesê. Foto’s: Crissie Geyser en Angelique Erasmus

 

dig

Log in with your credentials

Forgot your details?