Liam weer na SA’s

Liam Hooper met van sy trofees en medaljes.

Liam Hooper met van sy trofees en medaljes.

DIE 9-jarige Liam Hooper, leerder van die Laerskool Wesbank en SA kampioen vir seuns o.10 in trampolien, gesinkroniseerde trampolien en tuimel, gaan in Augustus weer aan die SA proewe deelneem vir die Protea-span wat later vanjaar in Portugal aan ’n internasionale toernooi deelneem.

Liam het verlede jaar by die SA Gimnastiekspele in Kaapstad drie goue medaljes en ’n silwer gewen.
Hy is ook gekies vir die SA span wat aan ’n toernooi in Zimbabwe gaan deelneem het. Omdat hy nog so jonk was, het sy ouers en afrigters egter besluit om hom aan die toernooi te onttrek.

Liam was ook in Mei in Pretoria by die SA proewe vir ’n span wat by die Wêreldspele in Rusland gaan deelneem, maar is weens sy ouderdom nie gekies nie.

• Liam is verkiesbaar vir die SA span wat in Portugal gaan deelneem aangesien hy daar wel in sy eie ouderdomsgroep kan deelneem.

Sy ouers, Arenhold en Adéle Hooper, is vol vertroue dat Liam wel die SA span sal haal. Liam was in 2015 die SA o.9-kampioen met goue medaljes in onderskeidelik trampolien, dubbelmini-trampolien en tuimel.

Log in with your credentials

Forgot your details?