Laurus staan op teen boelies!

Leerders van Laerskjool Laurus se graad 4-klas staan hier by van die geverfde bome. Van links staan: Ingrid Stander, Wilmé Stander, Quincy Maruping, Megan Terblanche, Jan-Louis van der Westhuizen en  Dehan de Kock.            Foto verskaf

Leerders beloof met handafdruk dat hul almal gelyk sal behandel

Deur Ilze-Mari Gründling
Laerskool Laurus op Oudtshoorn het op Maandag (15 Augustus) ’n anti-boelie-veldtog geloods waarby elke leerder betrokke geraak het – deur middel van verf!

Bome is in een van die skoolgange teen ’n muur geverf en die leerders van elke graad het ’n geleent­heid gehad om hul handafdruk te gebruik vir blare.

Met elke handafdruk het die leerders belowe om almal gelyk te behandel en nooit enigiemand te boelie nie.

Volgens Ronelle Huysamen, skoolhoof, is een van die belangrikste eienskappe van die Laurus Meerkatjies dat hulle vir ander omgee.

“Saam word daar ’n omgewing geskep van omgee en beskerming.
“Om hierdie rede staan die leerders en personeel saam op teen alle vorme van boelie.”

Log in with your credentials

Forgot your details?