Laerskool Wesbank en -Preprimêr leerders blink uit by Eden-skole Spur Bergfietsrenliga

Bia Snyman (8) van die Laerskool Wesbank en Alrie Eloff (5) van Wesbank Preprimêr het uitgeblink by die derde been van die Edenskole Spur Berg­fietsrenliga. Bia het ’n eerste plek behaal en Alrie, haar skool se jongste deelnemer, ’n vierde plek. Altesame 17 skole in die Edendistrik neem aan die liga deel. Die laaste ligaren is op Saterdag, 15 September, by die Knysna Montessoriskool. Die Protea-fietsryer Jessica Gerber rig die kinders af en Cycle Addict help met die voorbereiding en instandhouding van hul fietse.

Log in with your credentials

Forgot your details?