Korrektiewe Dienste reik uit na skole

Leerders van Aurial Kollege wat skoolklere van die Oudtshoorn Korrektiewe Dienste ontvang het saam met van die personeellede. Voor saam met leerders sit me Tshazibana Weziwe (assistent-hoof van die Oudtshoorn DKD), me Karin Alexander (waarnemende hoof: Aurial Kollege), me Sophy Moos (Wes-Kaapse Onderwysdepartement), en Phillip Busch, hoof van Oudtshoorn Korrektiewe Dienste. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
Die personeel van Oudtshoorn Korrektiewe Dienste het as deel van hul uitreikingsprogram na die gemeenskap by verskeie skole op Oudtshoorn en die distrik skoolklere uitgedeel aan leerders wat dit nodig het.

Volgens die koördineerder van die projek, Norman Lodewyk, is dit die inisiatief van die Suid-Kaapse areakommissaris van die Depar­te­ment Korrektiewe Dienste (DKD), Ndileka Booi.

Elke personeellid het weer hand in die sak gesteek vir ’n bydrae om die klere aan te koop.

“Dit is vrywillig, maar elke lid dra by,” sê Lodewyk.

Vanjaar is skoolklere aan 145 leerders van onder andere die Aurial Kollege, Colridge, Bergsig, Bongolethu, Rooiheuwel, Vergelegen, Dyssels-dorp, PJ Badenhorst, St Konrad en De Jager (Buffelsdrift) primêre skole asook Fezekile en Dysselsdorp sekondêre skole oorhandig.

Altesaam 17 skole is betrek asook ’n aantal behoeftige kinders wat deur die projek­bestuurder van die

Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF), Phillip Seroux, aangewys is.

Volgens Phillip Busch, hoof van Oudtshoorn Korrektiewe Dienste, is daar vanjaar besluit om baie meer skole te betrek.

Ander staatsinstellings word ook nader getrek om betrokke te raak.

Die personeel van Oudtshoorn Korrektiewe Dienste het einde verlede jaar ook sowat 200 senior burgers op ’n Kersfeesmaal trakteer.

Log in with your credentials

Forgot your details?