KFC Minikrieket: 800 skolespelers Saterdag op ODN

Deur Higgo Jacobs
DIE jaarlikse SWD KFC Provinsiale Krieketfees vind Saterdag op Bridgton Sportgronde plaas met sowat 800 spelers van 55 skole wat kom speel.

Dit is vanjaar die 10de keer dat KFC dié gewilde minikrieketreeks in Suid-Afrika borg.

Volgens Genevieve Anthony, SWD se koördineerder van minikrieket, gaan skole van Oudts­hoorn, Dysselsdorp, Sentraal-Karoo, Kannaland, Mosselbaai, George, Hessequa, Plettenbergbaai en Knysna saam met 100 afrigters en belangstellendes vir dié feesgeleentheid op Oudtshoorn toesak.

Die program begin om 10:00. Vir meer inligting kan Anthony by tel 0442726604 gekontak word.