Hoërskool Oudtshoorn vs Hoërskool Langenhoven van Riversdale

Thomas Jordan, agtsteman van die Hoërskool Oudtshoorn se eerste rugbyspan (o.19A’s), rek oor vir ’n drie in sy span se wedstryd Saterdag op die Struisievelde teen die eerste span van Hoërskool Langenhoven van Riversdale. Die Struisies het die wedstryd met 22-36 verloor. Die Struisies se o.17-rugbyspan het egter met 37-10 gewen en die o.15’s met 26-14. Die o.18A-netbalspan van die Struisies het hul wedstryd teen Langenhoven met 45-31 gewen. Al die ander netbalspanne van die Struisies het verloor. Al drie die Struisie-seuns-hokkiespanne het gewen, die o.18 A’s met 3-0, die o.16A’s met 3-1 en die o.14A’s met 9-0. In die meisieshokkie het die Struisies se o.18A-span met 2-0 gewen, die o.18B’s en o.16A’s albei met 0-0 gelykop gespeel, die o.16B’s met 0-1 verloor en die o.14B’s met 2-0 gewen. Foto’s: Ebenezer Titus

Log in with your credentials

Forgot your details?