Familie bedank skool na reûnie

 

 

Die graad 1-leerders van die Vlakteplaas Primêre Skool buite De Rust met hul nuwe rugsakkies wat deur die Pikan-familie aan hulle geskenk is. Agter van links staan die skoolhoof, Isak Hendricks, Ton Pikaan, Jean Stuurman (opvoeder), Shelbedine Burgess (opvoeder), Steyn Pikaan-Manuel en Jodene Pikaan. (Foto verskaf.)

Deur Garnett Wicomb
DIE Pikaan-familie, oorspronklik van Vlakteplaas, wat in September verlede jaar hul eerste reünie op die plaas gehou het, het as blyk van waardering rugsakkies aan al die graad 1-leerders van die skool geskenk.

“Die saamtrek was ’n baie suksesvolle by­mekaarkoms van familielede en ons is groot dank verskuldig aan die skoolhoof, personeel en beheerliggaam van die Vlakteplaas Primêre Skool vir die gebruik van die skool en koshuis,” sê Ton Pikaan.

“Dit is om die rede dat die familie besluit het om aan elke graad 1-leerder ‘n rugsakkie te skenk.”

Volgens hom wil die familie ook hul dank en waardering uitspreek teenoor die oud-skoolhoof, meester Ampie Wicomb (98), onder wie se hande die meeste van hulle deurgeloop het.

Die familie is reeds besig met reëlings vir die tweede familiesaamtrek wat beplan word vir 2020 op De Doorns.

Pikaan kan vir meer besonderhede oor die volgende amptelike saamtrek by 078 888 8212 geskakel word.