Glansaand vir Struisies se Sterre!

Hoërskool Oudtshoorn – Prysuitdeling ’18

Mnr Coenie de Vos (links), hoof van die Hoërskool Oudtshoorn, saam met die skool se personeel en hoofleiers van 2018 tydens verlede Donderdagaand se prysuitdeling in die skoolsaal. Foto’s: Schalk le Roux

Mnr Coenie de Vos (links), hoof van die Hoërskool Oudtshoorn, saam met die skool se personeel en hoofleiers van 2018 tydens verlede Donderdagaand se prysuitdeling in die skoolsaal. Foto’s: Schalk le Roux

Spesiale toekennings, gegrond op eienskappe soos geesdrif, toewyding en ­diensbaarheid het gegaan aan (van links) Laureka Wallace, Henco Lerm, Roswitha Serfontein, JG Marais, Clarissa Snyman, Bevin Herold, Carla Fourie, Carla Swart en Julia de Beer.

Daniël Bester (links) is bekroon vir uitstekende prestasie in ’n olimpiade (wiskunde) en uitstaan-de prestasie in musiek, Marlé-Zanne Barnard (middel) vir uitnemende diens as redakteur van die skoolkoerant en volgehoue prestasie in kultuur en Nasia Davids vir besondere diens by die ATKV, tweetaligheid (senior) en die grootste bydrae tot die skool se kultuuraktiwiteite.

Kyla Visagie wat die katego-riewenner was vir skilder-kuns by ’n internasionale Afrikaans-ekspo.

’n Optrede van die uitmuntende Ad Astra-koor wat onder die leiding van me Elmine Bester staan, is ’n instelling by die prysuitdeling.

Top-sportpresteerders

Die Sportman en Sportvrou van die Jaar is van links Dylan Dreyer (beste junior sportman), Thomas Jordan (beste senior sportman), Anlizé Vermeulen (beste senior sportvrou) en La Rachelle Vyver (beste junior sportvrou).

Die leerders wat die beste presteer het in akademie en sport is van links Niël Terblanche (senior seun), Kabelo Motubatse (senior meisie), Kayla Steyn (junior meisie) en Ben Greeff (junior seun).

Toekennings vir veelsydigheid in sport het gegaan aan van links Kayla Steyn, (junior sportvrou), Jean-Claud Lucas (senior sportman) en Anlizé Vermeulen (senior sportvrou).

Kollig op akademiese uitblinkers!

Die vyf top-presteerders in graad 12 is van links Carla Swart (eerste, 88,7%), Kabelo Motubatse (tweede), JG Marais (derde), Keelin Muller (vierde) en Niël Terblanche (vyfde). Carla het ook die toekenning gekry vir die beste gemiddelde persentasie van graad 8 tot 12, naamlik 94%.

Die vyf top-presteerders in graad 11 is van links Laureka Wallace (eerste, 88,2%), Vicky Dreyer (tweede), Dominic Erasmus (derde), Carl-Heinrich Hancke (vierde) en Wian Böhme (vyfde).

Die top vyf in graad 10 is van links Liezl Jansen van Rensburg (eerste, 93,1%), Robert Swart (tweede), Nika van Heerden (derde), Cornél Kruger (vierde) en Jared Jordaan (vyfde).

Die vyf top-presteerders in graad 9 is van links Lienke le Roux (eerste, 95,7%), Zoe Davids (tweede), Rian Maartens (derde), Zoë Meyer en Kara Hancke (gesamentlik vierde).

Die vyf top-presterders in graad 8 is van links Kai Barry (eerste, 91,3%), Euné O’Kelly (tweede), Anke Kruger (derde), Enge Swart (vierde) en Joy Human (vyfde).

Log in with your credentials

Forgot your details?