Gimmies skitter op merietelys

GW Lund.


TWEE leerders van Langenhoven Gimnasium op Oudtshoorn, Michelle Marra en GW Lund, was in verlede jaar se matriekeksamen die toppres­teerders in die Wes-Kaap in onderskeidelik elektriese tegnologie en siviele tegnologie.

Nege Gimmies se name verskyn op die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se top 10-merietelys van die 2018-matriekeksamen wat pas bekend gemaak is.

Ian Bezuidenhout beklee die tweede plek in siviele tegnologie, Anna-Mart Schutte was vierde in ontwerp asook sesde in Afrikaans, Theunis Oosthuizen vierde in elektriese tegnologie, Morné Pienaar vyfde in meganiese tegnologie, Carla Smit sewende in toepassingstegnologie, Simoné Fourie sewende in toerisme en Chané de Ridder negende in tegniese wetenskap.

Die matriekklas het ook geskitter deur in Afrikaans Huistaal die 15de plek in Suid-Afrika te behaal vir die meeste A-simbole, en in die Wes-Kaap die 17de plek vir die beste gemiddelde persentasie.

Op Oudtshoorn beklee die skool die topposisie vir die meeste A-simbole en die beste gemiddelde persentasie in Afrikaans Huistaal.

Die klas se gemiddelde persentasie in elektriese tegnologie en siviele tegnologie plaas hulle tweede in die Wes-Kaap, en hul gemiddeld in meganiese tegnologie hulle vierde in die Wes-Kaap.

Log in with your credentials

Forgot your details?