Gimmies klop Punt

Stephen Bekker van Langenhoven Gimnasium duik oor vir ’n drie in Gim A se wedstryd teen die Hoërskool Punt. Foto: Sanjay Prins

Bennie Stemmet, een van Gimmies se driedrukkers.  Foto: Sanjay Prins

Deur Higgo Jacobs
Langenhoven Gimnasium se vyf rugbyspanne het Saterdag in Leeupark skoonskip gemaak in die jaarlikse interskole-kragmeting teen die Hoërskool Punt van Mosselbaai.

Ongeveer 5 000 toeskouers het die rugby-, netbal- en hokkiewedstryde op Gimmies se velde bygewoon en terdeë geniet.
Volgens die skoolhoof, Stefanus Potgieter, het sommige van die sportspanne die sportseisoen onoorwonne afgesluit.

“Ons is trots daarop om te kan sê dat ons die hele seisoen goeie rugby gespeel het. Spelpatrone is gevestig en die spelers raak nie paniekerig wanneer sake skeefloop op die veld nie. Ons het goeie afrigters van buite die skool, maar daar is ook ‘n opvoeder by elkeen van die spanne betrokke,” het hy vandeesweek aan Die Hoorn gesê.

Volgens Potgieter is die wedstryde almal in ’n goeie gees gespeel en het die leerders mekaar spontaan gelukgewens na elke wedstryd.

Die volledige uitslae is soos volg: (Gimmies se punte word eerste genoem)

Rugby: o.14A 36-5; o.15A 28-0; o.16A 29-8; o.19 B 19-7 en o.19A 33-22.

Netbal: o.16A 16-14; o.14A 13-24; o.18D 14-11; o.16B 24-16; o. 16D 6-7; o.14B 4-31; o.18B 31-16; o.16C 24-4; o.18C 9-30 en o.18A 26-37.

Seunshokkie: o.18A 0-0; o.16A 1-0; o.16B vs o.14 A 0-0

Meisieshokkie: o.16A 2-1; o. 18B 0-0; o.14A 2-0; o.18A 0-1; o.18C vs o.16B 7-0

• Gholf op Mosselbaai se baan:  Punt se seuns wen en die opvoeders speel gelykop.

Log in with your credentials

Forgot your details?