Gimmies dra weer SWD-krieketkroon

Langenhoven Gimnasium se eerste krieketspan wat Saterdag weer gekroon is as die SWD o.19 Superligakam­pioenspan. Die span en hul afrigters is voor van links Andreas Schultz (afrigter), Jhadli van Briesies, Johann Muller (kaptein), Jean Bruiners, Sheldon Carelse en Lleyton Avontuur, en agter van links Theo Ferreira (sportbestuurder) Rowan Rondganger, Curwin le Roux, Julian Jacobs, Jayden Dyssel en Godroy Overberg. Regs by die span is die Gimmieskoolhoof Stephanus Potgieter. (Afwesig met neem van foto: Eaj Carew.)

Deur Higgo Jacobs
DIE eerste krieketspan van Langenhoven Gimnasium is Saterdag weer gekroon as die SWD o.19-Superligakampioenspan.
Die Gimmies het ná tien wedstryde met 37 punte bo-aan die punteleer geëindig nadat hulle Saterdag die Hoërskool Punt van Mosselbaai op dié se tuisveld met 9 paaltjies geklop het.

Punt het eerste gekolf en was almal uit vir 139 lopies.

Gimmies het hierdie teiken gemaklik verbygesteek met nog 9 paaltjies staande.

Die Hoërskool Sentraal van Beaufort-Wes is met 28 punte die naaswenners van die liga. Verlede jaar se wenner, die Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal, het vierde geëindig met 24 punte en Glenwood House derde met 27 punte.

• Die o.15-superliga is deur die Hoërskool Outeniqua gewen met ’n puntestand van 40 punte ná 10 wedstryde. Langenhoven Gimnasium was met 34 punte die naaswenners. Die verdedigende kampioene, die Hoër Landbouskool Oakdale, was derde. Oakdale se o.15 B-span het die o.15-promosieliga gewen.

Log in with your credentials

Forgot your details?