Gim eindig sportjaar op hoë noot!

Langenhoven Gimnasium se eerstespankapteins spog met die trofees wat hulle Saterdag gewen het. Van links is Elizma Victor (netbal), Louis Jonck (hokkie), Sharé Lund (hokkie) en Johan Müller (rugby).

DIE interskolesportdag Saterdag op Mosselbaai teen die Hoërskool Punt was beslis iets om te onthou, sê Stefanus Potgieter, Langenhoven Gimnasium se skoolhoof.

“Die Gimmies het hierdie seisoen op ’n absolute hoogtepunt afgesluit met puik spel en uitstekende gees op die pawiljoen,” het hy gesê.

Al Langenhoven Gimnasium se eerste spanne – rugby, netbal en hokkie – het hul wedstryde teen Punt gewen.

“Dit was baie duidelik dat die seisoen se harde en deeglike voorbereiding en vasbeslotenheid die deurslag gegee het.

“By al vier eerste spanne het hul absolute nederigheid en erkenning van mekaar opgeval.

“Baie geluk ook aan die leerders van Punt. Julle was waardige teenstanders,” het hy gesê.

Volgens Potgieter moet die suksesse van vanjaar as aansporing dien vir die nuwe seisoen. “Dit begin reeds met beplanning vir 2020. Mag ons almal daarna uitsien. Dankie en baie geluk aan elke deelnemer aan Interskole 2019!”

Die volledige uitslae van die FNB Classic Clashes teen Punt is:
Rugby: Eerste span (o.19A) wen 36-21; o.19B wen 50-0; o.19C (vs Hillcrest) verloor 5-7; o.16A verloor 34-26; o.15A verloor 24-0; o.14A verloor 22-15; en o.14B verloor 19-5.

Netbal: o.18A wen 32-31; o.18B wen 22-17; o.18C wen 26-9; o.18D wen 30-16; o.16 A wen 34-16; o.16 B verloor 18-28; o.14A wen 31-11; o.14B verloor 12-22; o.14C speel gelykop 11-11; en o.14D wen 11-9.

Seunshokkie: eerste span wen 3-1; o.16A verloor 1-0; en beginners verloor 2-0.

Meisieshokkie: eerste span wen 3-1; tweede span speel gelykop 1-1; o.16 A wen 4-0; o.16 B speel gelykop 1-1; en o.14A wen 3-0.

Log in with your credentials

Forgot your details?