Fezekile-debatspan die wenners!

Die wenspan van Fezekile Sekondêr by ao Leilah Claassen van die SAPD is van links Liyema Majola, Wildon Minnies en Thembakaya Tu Junior. Foto verskaf

DIE debatspan van Fezekile Sekondêr op Oudts­hoorn het Saterdag ’n skoledebatskompetisie gewen wat by die Eden Kluster-polisiekantoor in George gehou is.

Graad 9 tot 11-leerders van agt hoërskole vanuit die Eden Kluster het aan die debat deelgeneem. Die onderwerpe waaroor hulle moes praat, was geweld in skole, tienerswangerskappe en boelies in skole.

Leerders van Fezekile Sekondêr en die Hoërskool De Rust was die finale toptwee-spanne wat teen mekaar moes meeding, waarna Fezekile met die louere weggestap het.

Brig Lavona Januari, stasiekommisaris van Oudtshoorn, het die deelnemers geluk gewens met hulle prestasie.

Log in with your credentials

Forgot your details?