Drie leerders van Laerskool Wesbank wenners van Cango Wildlife Ranch se Aasvoël Inkleurkompetisie

Drie leerders van Laerskool Wesbank het onlangs Cango Wildlife Ranch se Aasvoël Inkleurkompetisie gewen. Dahné Potgieter (Gr 1), Lieschen Loggenberg (Gr 3) en Charlotte van den Heever (Gr 2 ) is as die wenners van Laerskool Wesbank aangewys. Die Aasvoël Inkleurkompetisie is ’n inisiatief van Cango Wildlife Ranch om bewustheid te skep oor die bewaring en belangrikheid van aasvoëls in die samelewing. ’n Prent van die aasvoëls - die Kransaasvoël, wat by Cango Wildlife Ranch te sien is, is tussen die skole versprei en kinders wat aan die kompetisie deelgeneem het, het elk ’n donasie gegee.            Foto verskaf.

Drie leerders van Laerskool Wesbank het onlangs Cango Wildlife Ranch se Aasvoël Inkleurkompetisie gewen. Dahné Potgieter (Gr 1), Lieschen Loggenberg (Gr 3) en Charlotte van den Heever (Gr 2 ) is as die wenners van Laerskool Wesbank aangewys. Die Aasvoël Inkleurkompetisie is ’n inisiatief van Cango Wildlife Ranch om bewustheid te skep oor die bewaring en belangrikheid van aasvoëls in die samelewing. ’n Prent van die aasvoëls – die Kransaasvoël, wat by Cango Wildlife Ranch te sien is, is tussen die skole versprei en kinders wat aan die kompetisie deelgeneem het, het elk ’n donasie gegee. Foto verskaf.

Log in with your credentials

Forgot your details?