Collegians klop Willowmore

COLLEGIANS se A-span het Saterdag in ’n SWD Presidentsligarugbywedstryd (Karoostreek) op Oudts- hoorn vir Willowmore United met 43-17 geklop. Rustydtelling: 19-7.

Drie van Collegians se gereelde eerstespanspelers kon weens bese­rings nie speel nie, maar hul plaasvervangers het hulle goed van hul taak gekwyt en die afrigter gewys dat hulle tuis is in die A-span.

Die losskakel van Collegians, Cristefer Snyman, het die spel gedikteer en goeie balle aan sy agterlyn besorg waarmee hulle gate geslaan het in die verdediging van Willowmore.

Die strydros-heelagter Roegelin Campher het twee drieë gedruk. Voorlangs het Angelihano Goliat, agtsteman, en Evano Holley en Denilson Goliath, flanke, vir Collegians uitgeblink en telkens eerste by die losgemale opgedaag. Die vaste vyf het ook egter ook hul kant gebring.

Ná hul verloorslag teen All Blacks het Collegians karakter gewys en getoon dat kommunikasie tussen die span se spelers baie belangrik is.

Die afrigter, Seppie Ekstraal, was baie trots op die oorwinning, maar het die spelers gemaan om kop te hou vir die wedstryde wat nog voorlê.

Benewens Campher se twee drieë het Ray-Brian Jonas (regtervleuel), Gerthwin Jonathan (binnesenter), Evan Holley (flank), Warren Olifant (haker) en Keegan Makshella (plaas-vervanger-skrumskakel) het elk ’n drie gedruk. Jason Plaatjies (linker-vleuel) het twee drieë verdoel, Oli-fant een en Makshella een.

• Collegians B het Willowmore B met 28-15 geklop.

• Collegians reis Saterdag na Prins Albert waar hulle teen die tuisspan kragte sal meet.