Bridgton Senior Sekondêr wen elfde wedstryd vanjaar

Die eerste span (o.19A’s) van Bridgton Senior Sekondêr wat verlede Donderdag op die Bridgton Sportgronde die eerste span van PW Botha Kollege van George in ’n interskole-wedstryd met 31-8 geklop het. Regs trek een van BSS se spelers ’n teenstander onserimonieel plat met ’n netjiese laagvat. BSS se eerste span het vanjaar 11 van sy 12 wed-stryde in die Eden-Karoo Mediumskoleliga gewen. • BSS se o.19B-span het die eerste span van Aurial Kollege met 28-8 gewen. BSS het al sy ander wedstryde teen PW Botha gewen – die o.16’s met 31-12, die o.15’s met 24-22 en die o.14’s met 21-15. Foto’s: Ebenezer Titus

Ook BSS se netbal-spanne het verlede Woensdag teen die spanne van PW Bo-tha van George skoonskip gemaak. BSS se o.17-span het PW Botha se o.19-span met 16-14 ge-wen. Verder het die o.16’s en o.14’s van BSS hul eweknieë van PW Botha met 14-12 en 13-10 gewen. Die o.15’s het gelykop gespeel.