Balans is belangrik

Niël Els van Langenhoven Gimnasium het sewe A’s en ’n gemiddeld van 87,86 % tydens die matriekeindeksamen verwerf.  Foto verskaf

Niël Els van Langenhoven Gimnasium het sewe A’s en ’n gemiddeld van 87,86 % tydens die matriekeindeksamen verwerf. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
“DIT is belangrik om ’n balans tussen jou skoolwerk en jou sosiale lewe te kry,” sê Niël Els, Langenhoven Gimnasium se hoofseun van 2017 en een van sy skool se toppresteerders in die matriekeksamen.

Niël het sewe A’s verwerf en spog met ’n gemiddeld van 87,86 % – terwyl hy deelgeneem het aan buitemuurse aktiwiteite soos krieket en tennis asook SWD hokkie vanaf Graad 8 tot 12.

Sy ouers, Anne-Marie en Gert Els, sê hulle is baie trots op hom. Anne-Marie is werksaam by Jemima’s en Gert by Klein Karoo Saadbemarking.

Annemarie sê haar seun is nie ’n tipiese ou wat heeldag sal stilsit en leer nie. “Hy was baie besig ge­du­rende die jaar en het ook gereeld tyd saam met sy vriende spandeer. Hy het geweet hy sal sewe A’s kry, maar dit was steeds ’n naelbyt-tydperk vir ons!” sê Anne-Marie.

Niel gaan vanjaar B Rek aan die Universiteit Stellenbosch studeer en beplan daarna om sy honneurs te doen.

“Ek hoop om eendag die be-sturende direkteur by ’n hospitaal te wees omdat ek ook in medies belangstel,” sê Niel.

Hy sê hoewel hy hard gewerk het, glo hy dat dit ook belangrik is om tyd te maak vir jouself en diegene om jou.

“Neem aan alles deel, doen soveel as moontlik, maar onthou om ook te rus en ’n breek te neem. Geniet elke oomblik van jou matriekjaar – dit gaan baie vinnig verby!” is sy raad aan vanjaar se matrieks.

Log in with your credentials

Forgot your details?