ATKV-takke besoek vrouetronk

Lede van die ATKV Strui­sies-jeugtak en die ATKV Damestak van Oudtshoorn voor die vroue­tronk op Oudtshoorn. Foto verskaf

Deur Angelique Erasmus
DIE Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging (ATKV) op Oudtshoorn se Struisies Jeugtak en die damestak het op verlede Woensdag die vrouetronk op die dorp besoek as deel van hul Jeugdaguitreik.

Die vroue in die tronk is deur die ATKV-lede bederf met lemoene en kolwyntjies, terwyl van die jeugdiges die mense vermaak het met sang en die voorlees van gedigte.

Daar is ook praatjies gelewer.

Volgens Petra le Roux, voorsitter van Oudts-hoorn se ATKV-tak, was die interaksie baie opbouend, positief en verrykend, en het sy ook die kans gehad om vir die vroue ’n boodskap uit die Bybel te bring.

Log in with your credentials

Forgot your details?