YolinSams Begrafnisdienste nou in Dassieweg

Yolandi en Sam de Villiers van YolinSams Begrafnisdienste.

Deur Wyndham Ewerts
YolinSams Begrafnisdienste het ver­lede week amp­­telik sy deure in die Koop & Loop-gebou in Dassieweg ge­o­pen. Die voorsitter van die Klein Karoo Sake­kamer, Fred Schroe­der, het by die opening ’n lidmaatskapsertifikaat aan die eienaars van die nuwe besigheid oorhandig.

Dié familie-onderneming behoort aan Sam en Yolandi de Villiers en die besigheid se naam is van hul albei se name afgelei. Volgens Sam vervaardig hy reeds vanaf 1988 doodskiste wat hy aan begraf­nis­ondernemers in die Suid-Kaap tot so ver as Port Eli­zabeth verkoop het.

“In 2008 het ek egter besluit om dit voorlopig te staak sodat ek meer kapitaal kan genereer wat my eendag in staat sou stel om my eie volwaardige begrafnisdiensonderneming te kan open,” vertel Sam

“Yolandi, ’n verpleegster van beroep, het ook haar werk bedank en ons het saam besluit om ons droom te verwesenlik.

“My seuns wat tans werkloos is, sal ook nou kan baat by dié entrepeneurskapinisiatief deurdat daar geskaaf gaan word aan hul vaardighede wat net tot voordeel van die familiebesigheid kan wees. Hier­die besigheid is ons nalatenskap aan hulle.”

Yolandi sê een van YolinSams se missies is om die lae-inkomstegroepe, wat dit nie kan be-kostig om hul geliefdes met waardigheid te begrawe nie, by te staan,” sê Yolandi.

“Ons onderneming is juis sentraal in die hart­jie van die ge­meen­skap geleë om dit meer toe­ganklik te maak vir enigeen om ons te kan besoek as hulle meer wil weet oor die baie be­kostigbare begrafnisdekkings­plan­ne wat ons bied.” Promosie

Log in with your credentials

Forgot your details?